PDA

View Full Version : Ek skiem die somer gaan ons lekker braai en heli vlieg!


crash-alot
05-01-2009, 01:58 PM
Ek is n Suid Afrikaner wat vir die afgelope 7 jaar hier in Engeland woon. Die weervoorspelling lyk baie belowend vir ons hier in die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje die somer. Ons gaan glo 'n ondergemiddelde lae reënval hê! Dit wil ek eers sien voor ek dit glo!.

Ek dink dit is sommer bakgat dat ek in my eie taal kan praat in ons eie taal afdeling saam met ons nefies van Nederland.

Kom sê hallo en gooi die taal so bietjie al het jy dit in n long distance gepraat. My fok-a-bal- le-rie laat my so bietjie in die steek.

Lekker man!

Ber60
05-01-2009, 04:25 PM
Dag crash-alot ,moeilijke taal maar wel leesbaar

Vinger
05-02-2009, 10:13 PM
Hallo daar CaL, bly hier in Kaapstad en ons vlieg sommer heeljaar, winter somer maak nie saak. Wind pla bietjie maar die groter helis maak dit nie erg saak.

Ja, lekker om in ons eie taal hier te skryf, so tussen die Nederlands en Flaams.:clappp

Lekker vlieg ou maat ek oppad om te gaan vlieg en dan braai soos elke Sondag moet wees.

:clappp:clappp:clappp:clappp:clappp

V1k1nG
05-03-2009, 08:04 AM
Suid-Afrika = Braaivleis, Biltong, Boerbeskuit en Rugby..................:hug:

crash-alot
05-03-2009, 08:15 AM
Suid-Afrika = Braaivleis, Biltong, Boerbeskuit en Rugby..................:hug:
Suid-Afrika = Braaivleis, Biltong, Ouma beskuit en Rugby:)

louw
05-03-2009, 12:30 PM
Hello crashalot.
Lekker om ons taal te gooi op HF.Ek is van jhb vlieg by snoopies in krugersdorp/randfontein.Is die helis ook so onbekostigbaar daar soos hier?:thumbdown:Wat vlieg julle daar die meeste?Geniet dit lekker vlieg:lol:

crash-alot
05-03-2009, 01:05 PM
Hello crashalot.
Lekker om ons taal te gooi op HF.Ek is van jhb vlieg by snoopies in krugersdorp/randfontein.Is die helis ook so onbekostigbaar daar soos hier?:thumbdown:Wat vlieg julle daar die meeste?Geniet dit lekker vlieg:lol:


Ons kan n lekker lang gesprek hê oor die prys van helis, radios, en parte! Met die £/$ wisselkoers is dit nou glad nie meer die moeite werd vir ons om goed van Amerika in te voer nie. Die UK word nie verniet 'rip-off Britain' genoem nie. Dit kom partykeer voor al wat die invoerders doen is on die dollar teken te verruil met n pond.

Maar ek kan nie kla as ek met Suid Afrika vergelyk nie. Ons is oor die algemeen goedkoper as julle en ons het 'n moerse verskeidenheid van produkte.

Jaco

louw
05-04-2009, 09:27 AM
lekker om te hoor of nie eintlik nie dat ons die enigste wat geboor word met die agterkant van 'n pynappel.
Hier vlieg ons eintlik net raptor en deesdae trex thanx Dean aerial concepts.
Verskydenheid is ontvoer hier jy is maar uitgelewer aan die hobby sharks en moet maar goed self invoer as jy op hoogte wil bly met wat op heli gebied gebeur.
Ek self sal van 'n loggo 600 met vbar en7.4volt servos laaik maar nou ja geen afslag vir kieppie nie my selaris is nie eers naby nie. Ons word mos peanuts hier betaal.
Cheers vir eers
Louw

louw
05-05-2009, 10:45 AM
Hello crashalot.
Ek hoop dit gaan goed daar in rip of britan.
Hier gaan dit alright.
Elk geval ek wil my trex 'n flybarless head gee.Ek sal laaik om die suiwer afrikaanse woorde vir daai een kry:YeaBaby:
Wat stel jy voor aangesien julle 'n groot verskydenheid heli parte daar het.
Ek sal jou input waardeer.
Louw

crash-alot
05-05-2009, 12:39 PM
Wat van 'spaan-loos' aka paddle-less

Watter trex wil jy spaan-loos maak?
...............................:lolol

louw
05-05-2009, 01:57 PM
Hehehe praat van naam met 'n plank slaan.
Trex600e cf 6965 hitec ooral op 6volt. futaba 401 gyro kasama head en kasama stert.
6cell outrage 5000mah 25c scorpion 4025 1100 cchv110 esc wil nog 8sell gaan waneer 6sell kapoet is.Daarna mikado loggo600 fbl vbar.
wat van woes vlieg kop. plankke gaan min word.

Zamax
05-11-2009, 01:55 AM
Hallo julle ja dit is sommer lekker om hier te kom gesels, Ek en my boet is hier van Carletonville so 50 km van Krugersdorp af weg en Ons kry al ons spares van Potchefstroom af. Ons het nog nie 'n heli club hier nie die plek is maar baie klien maar ons flieg so hier en daar op oop velde. Ek het 'n t-rex 600n en my boet het 'n raptor 50 :smokin:

louw
05-11-2009, 11:33 AM
Hello Zamax
Kry julle jul parte by christy van flyfun?
Ons moet een dag by mekaar uit kom dan vlieg ons helis eet bilong braai en drink 'n paar windhoeks.:thumbup:As ons klaar gevlieg het.Jy weet mos na so 'n paar of sesling windhoekies het ons mos baie exponential in die vingers:lol:
louw

lotus7
05-11-2009, 02:36 PM
Hehe !
Geen wonder die Nederlanders en Belge verstaan nie Afrikaans nie ! Julle ouens se spelwerk en taalgebruik is maar deurmekaar !
Julle moet leer om Kaapse Afrikaans te praat en skryf !

Tussen hakies , hier is 'n foto van ons vliegveld hier in Kaapstad .

crash-alot
05-11-2009, 03:28 PM
Hehe !
Geen wonder die Nederlanders en Belge verstaan nie Afrikaans nie ! Julle ouens se spelwerk en taalgebruik is maar deurmekaar !
Julle moet leer om Kaapse Afrikaans te praat en skryf !

Tussen hakies , hier is 'n foto van ons vliegveld hier in Kaapstad .


Afrikaans is ons huistaal. Maar ongelukkig hier in pommie land gooi ons meestal maar net engels. Dus het my afrikaans erg agteruit gegaan. Ek dink in engels as ek afrikaans praat.

Anyway ek wens ek kon is so baie sonskyn soos in die kaap hierdie stokperdjie beoefen.

btw. ek het in die kaap geswot en in Worcester vir 3 jaar gebly.

Jaco

louw
05-12-2009, 10:42 AM
Naai my broe dis 'n kwaai view daai!:lol:

Vinger
05-16-2009, 02:05 PM
Pryse pryse, julle manne kla altyd so oor die LHS, probeer weer vir Aerial Concepts en vergelyk hulle TRex kits met dit wat jy oorsee moet betaal. Ek het al my TRex kits hier gekoop en elkeen was goedkoper as om dit van enige oorsese plek te bestel. Onthou net die vervoer en verpakking en dan nog die kaart kostes asook vir jan taks!

Parte by AC is ook goedkoper, maar moet net nie batterye daar koop, duur tot moerse duur, ons kry maar Zippy batterye van HobbyCity, die BESTE....

So doen huiswerk voor jy koop, dan kan ons tog die lokale bedryf ondersteun en NOG goedkoper pryse kry........:thumbup:

Mareebaman
06-04-2009, 09:24 PM
Manne manne manne!!! Hier kom ek nou in afrikaans op die thread af. Kan my geluk nie glo nie!!!!! Spring skoon rond van blydskap!!! :happyd Al die pad van Oz af en soos my naam se vanaf die dorp Mareeba in North Queensland hier naby die Barier Reef. Ek vlieg op die oomblik 'n E-Flite Blade 400 en is besig om nog 'n Blade te bou, maar wat heeltemal uit upgraded parte bestaan. Ek vind dat pryse vir die 450 klas helis baie bekostig baar is. Ek spandeer baie tyd op Ebay en tel altyd 'n geluk op daar. Nog SAners deur die wereld laat bietjie van julle hoor! Dis mos altyd beter om probleme op te los in jou eie taal! Groete!

Francois123
07-13-2009, 03:33 AM
Jaco, waar op Mud Island is jy? Ek's ook al bietjie meer as 7 jaar hier en bly in Ilford net buite London. Om heel jaar te vlieg kan 'n probleem wees, maar 'n bietjie reën moet jou nie keer as dit by braai kom nie :thumbup: